EN | AF

Ons Dienste

Kyk gerus na die verskillende dienste wat ons bied. Kies 'n kategorie hieronder om meer inligting daaroor te kry.

Maandelikse Tydstaate

Hou maklik en effektief rekord van werknemerroosters!

Met ons webgebaseerde stelsel kan u alle werkers se ure op rekord hou. Hierdie inligting word gebruik om die betaalstaat en WVF-bydraes te bereken. Sodra die inligting op rekord is, kan jy die dokumentasie genereer en stoor. Inligting word gehou vir die voorgeskrewe termyn nadat 'n werker bedank het, voordat dit verwyder word. Alle inligting kan gedruk word vir harde kopie rekordhouding.

 

Niks makliker om wettig te bly nie!

Ons stelsel sal u lei in die skep van die korrekte regsdokumente wat vir 'n plaaswerker benodig word. Vul die besonderhede van die werker by die begin van indiensneming in en laai die nodige dokumente af. Getekende dokumente kan opgelaai word vir veilige rekordhouding.

 

Rekordhouding

Moenie jou dokumente verloor nie!

Dokumente word veilig bewaar op ons stelsel. Betaalstrokies word outomaties aanlyn bygevoeg en maandeliks gestoor. 'n Rekord word gehou van die geskiedenis van alle vereiste dokumentasie.

Ons help u ook met die opstel van die korrekte papiergebaseerde rekordhouding stelsel, wat dit maklik maak om enige dokument te vind. Indien jy ons dokumenstelsel bebruik en volg, tree jy binne die wet op.

 

Konsultasie

Meer hulp benodig?

Ons het 'n goeie span arbeidskundiges wat u kan help met enige arbeidsvraagstuk. Kontak ons en ons sal die regte persoon kry om u te help op konsultasie basis. Ons spesialiste wissel van Betaalrol Konsultante tot Arbeidsadvokate.